Kersfees-blues en selfdood: blameer dit liewer op die weer

’N VERMANING OOR DIE SON

Kersfees-blues en selfdood: blameer dit liewer op die weer

Dis deels Hollywood se skuld dat ons selfdoodpogings en sterftes weens selfdood met die Kerstyd assosieer, skryf die sielkundige LOUIS AWERBUCK. Die werklikheid is veel interessanter, en het dalk meer met die hoeveelheid sonskyn in 'n dag te doen.

SAAM met die bekende tonele van sipresboompies en tooisels, Kersliggies, geskenke in vrolike papier en tafels wat kreun onder feesvieringe hierdie tyd van die jaar is daar die antitese van soveel mense wat nie het nie. Of wat nie die genoegdoening van nabye omgee en liefde ervaar nie.

Die beeld van die randfiguur wat van buite die warm sirkel van samesyn verlangend inkyk, het in die tapisserie van die moderne Kerstoneel ingevleg geraak. Individue wat reeds eensaam is, voel nóg meer alleen in 'n tyd waar samesyn met geliefdes, gesinne en familie aan die orde van die dag is.

Maar hou hierdie skadukant van Kersfees 'n hoër risiko in vir mense wat reeds nie lus het om verder te lewe nie? Is daar werklik 'n toename in voorvalle van selfdood oor die feestydperk in Desember, en veral oor Kersfees?..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.

Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.

Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.

Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!

Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.