SLEEP jy jou voort om jou daaglikse take te voltooi? Sukkel jy om aan die gang te kom? Voel jy konstant moeg en sonder energie, en is jou produktiwiteit voortdurend laer as wat dit kan wees? Voel dit vir jou of jy enige tyd van die dag kan slaap, en/of wissel jou slaappatroon gedurig?
Voel jy doelloos, en het jou opgewondenheid en lus vir jou werk of daaglikse aktiwiteite verdamp? Het daarmee saam jou geesdrif vir jou eie doelwitte ook begin verdwyn, of nog erger, maak dit nie eintlik meer saak nie? Vind jy dit moeilik om te konsentreer, en onthou jy slegter of stadiger as gewoonlik? Is jy geïrriteerd, meer aggressief en boonop ongeduldig, en het jy sinies en krities geword? Het jy genot verloor in bedrywighede of sosialisering wat altyd vir jou lekker was? Ervaar jy fisieke simptome soos rugpyn, nekpyn, maagkrampe en kopsere? Het jy ophou aandag gee aan jou eet- en drinkgewoontes, en fluktueer jou gewig?
Indien jy meestal bevestigend op die voorafgaande vrae antwoord, is die kanse goed dat jy as chronies uitgeput beskryf kan word. Dit beteken dat jy moontlik reeds in die greep van óf depressie óf uitbranding – of albei – verval het...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.
Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.
Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.
Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Om kommentaar te lewer op hierdie artikel, registreer (dis vinnig en gratis) of meld aan.
Lees eers Vrye Weekblad se Kommentaarbeleid voor jy kommentaar lewer.