Die rugsak van die verlede

DIE WOEDE VAN LANKAL

Die rugsak van die verlede

Onthou is nie altyd goed nie, skryf die kliniese sielkundige LOUIS AWERBUCK. Baie dinge wil mens, móét mens eerder nie onthou nie.

SY sit, soos sy leef, behoedsaam. Op dieselfde plek op die bank in die spreekkamer. Op dieselfde manier, en met dieselfde bedeesdheid wat saam met haar dienlike klere aan haar kleef. 

Sy is nooit laat nie, minstens 15 minute voor die tyd arriveer sy gewoonlik in die waggebied. Want mens weet nooit hoe die verkeer gaan wees nie.  Of die parkering.

Grootgeword nog op die plaas. Daar was rye geplante aartappels en 'n paar skape tussendeur, onthou sy gewoonlik. Maar dit was altyd droog. Pa moes lusernbale koop om die skape aan die leef te hou, en water aflei vanuit die modderdam om te keer dat die aartappels verskrompel in die dor wind. Pa was sag, al was sy hande eelterig as dit om die bottel vou. Ma was kwaai. Ma was verskriklik verskriklik kwaai, herinner sy as sy houterig op my bank sit. Veral nadat Pa een oggend net ophou asemhaal het, was Ma permanent kwaad. So kwaad soos 'n ma van vier jong kinders kan wees wat haar eensklaps sonder 'n man op 'n droë plaas bevind. ..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.