Is Oscar deur omstandigheidsgetuienis gered?

WIE HET WAT WANNEER GESÊ?

Is Oscar deur omstandigheidsgetuienis gered?

Daar was ’n taamlike skeut leedvermaak onder die publiek toe Oscar Pistorius op appèl ’n stewiger vonnis opgelê is vir moord alhoewel die howe beslis het dat hy nie vir Reeva Steenkamp geteiken het nie. Hy het tog nie aan die kortste ent getrek nie, reken CHRIS MARNEWICK SC, omdat die omstandigheidsgetuienis sy weergawe van die gebeure bevestig het en die teenstellende teorie as vals bewys het.

NET Oscar Pistorius sou presies kon vertel wat in die vroeë oggendure van 14 Februarie 2013 gebeur het toe hy sy destydse meisie, Reeva Steenkamp, deur ’n toe badkamerdeur by sy huis in Pretoria se Silver Woods-landgoed doodgeskiet het. En dis waar omstandigheidsgetuienis in die prentjie kom.

Dis ’n saak wat nie net as die verskiet van ’n Olimpiese ster onthou sal word nie, maar ook vir sy wipplankryery tussen vonnisse en uitsprake. Pistorius is eers aan strafbare manslag skuldig bevind, en toe aan moord. Sy oorspronklike vonnis van vyf jaar gevangenisstraf is eers tot ses jaar en toe, op appèl, tot 15 jaar verhoog.

Die staat kon slegs op omstandigheidsgetuienis staatmaak om Pistorius se skuld te bewys – ’n heel ander storie as wanneer iemand wat in dieselfde vertrek was sou kon getuig hoe hy die sneller getrek het...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.