Trauma: Die reuk wat jou volg

AS DIE SKADE TE DIEP KLOU

Trauma: Die reuk wat jou volg

Die sielkundige LOUIS AWERBUCK vertel van 'n oudpolisieman se worsteling met sy verlede, en hoe sy eise teen die polisie jaar in en jaar uit met elke truuk teengestaan en uitgestel word.

DIT is al vir die vyfde jaar dat ons amper weekliks worstel met die verlede, en dit gaan met hom nie veel beter nie. Hoogstens slaag ons daarin dat dit nie veel slegter gaan nie. Nie dat sy toestand in werklikheid veel erger kan voorkom nie – hy funksioneer net-net en behoort al lankal opgeneem gewees het in 'n kliniek. Ons het dit een keer probeer, maar die vasgedrukte angs wat hom daar oorrompel het verhinder my om dié idee weer voor te stel.

As mens sy verlede naspeur, kom jy agter dat hy al vir 18 jaar verkruppel is deur die intensiteit van sy simptome. Die nagmerries. Die sweet. Die wakkerskrik deur die nag. Die daaglikse terugflitse wat hom paniek-aanvalle gee. En dít wat by hom die insidente se herinneringe laat sneller, veral die reuk van vleis.

Sy lêer met die jare se notas is boepens geskryf. In 1978 by die polisie aangesluit, hy was 18. Op 20 is hy terug geplaas na die polisiestasie op die plattelandse dorp waarvandaan hy kom. Hy kom uit 'n respekvolle en pligsgetroue huis, en het sy pligte respekvol en pligsgetrou uitgevoer. Op 21 het hy sy eerste verminkte lyk self van die hoofpad verwyder, op 25 was hy in beheer van die lykshuis se reëlings. ..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.