Piet se dinges

ROOI-OOG

Piet se dinges

Dit was ’n baie spesiale oomblik, onthou OBIE OBERHOLZER: 'n klomp konserwatiewe hoofde en raadslede wat neerkyk op 'n jong student wat sy rooi agterent omhoog hou en dit as kuns aanbied.

DIE wêreld het in 2021 ingegly sonder om te eindig. Ek het nie eens oorweeg om 'n beter mens te word nie. Ou honde raak net gryser om die bek en geel in die tand. Wat ek wel reggekry het, is om my spaarkamer onder die berg goeters en twak wat ek oor jare se reise deur Afrika opgegaar het, te deursoek.

Reg in die hoek, onder die olifant-dybeen en in 'n Lesotho-kombers toegedraai, het ek op Piet se Gat afgekom. Vir amper 40 jaar het ek nie aan sy agterent gedink nie, maar soos dit met sitvlakke gaan, was hierdie 'n beeldskone gladiator van 'n agterstewe.

Lank gelede, nog voor aardverwarming en die digitale era, het ek in Durban gewoon en aan die Natalse Technikon klas gegee in fotografie. In daardie dae het die kollege sy werk op 'n jaarlikse ope dag aan die Durbanse publiek ten toon gestel. Die kunsskool, oorkant die straat van die hoofkampus, was op hierdie dae toe vir besoekers omdat dit as 'n visuele ramp, 'n plek vir kunsmisdadigers met slordige hare, beskou is...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.