HY verstaan nie, sê hy weer. Hy kry dit nie klein nie. Hy weet hy het ook foute, hy weet hy het ook ’n aandeel in die verbrokkeling. Maar dit kan mos nie wees dat iemand so kan maak nie. Hy stotter en beduie.
Die brief van haar prokureurs lê op die tafeltjie tussen ons. “Dat ek die kinders ... sek ... sueel moles ...” Hy kry nie die frase uitgeprewel nie, soos wat die woorde weier om oor sy lippe te vorm.
Die prokureursbrief maan dat daar ernstige beweringe ontstaan het dat hy albei sy minderjarige dogters (onderskeidelik vyf en ses jaar oud) seksueel voorberei (groom), hulle blootstel aan pornografie, en hulle onsedelik betas. Hy stik van verontwaardiging en radeloosheid. Hy wring en wroeg en sit vooroor in pure wanhoop terwyl hy magteloos soek vir woorde om sy verwarrende boel emosies mee uit te druk...
Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.
Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.