Vergeet sokker, Oranjeland het volspoed-Verstappenkoors!

LEWIS VS. MAX

Vergeet sokker, Oranjeland het volspoed-Verstappenkoors!

Die stryd om die Formule 1-wêreldtitel was lanklaas so bloedstollend én heerlik. En in Max Verstappen se tuisland is die opwinding op sy hoogste, skryf ANESCA SMITH.

MET nog twee wedrenne wat voorlê in vanjaar se Formule 1-kampioenskap het Max Verstappen-koors omtrent die hele Nederland beetgepak. Gewoonlik is dit 'n land waar sokker koning kraai, maar dié sport word nou al jare geteister deur middelmatige uitslae op die veld en hooligans in die pawiljoene.

Boonop is die land desperaat vir 'n bietjie goeie nuus. Covid-infeksies het die afgelope twee weke rekordhoogtes bereik en die regering het 'n  week gelede die land wéér agter slot en grendel geplaas, wat beteken die fanatiese sportliefhebber sal dié keer netjies sy longe in sy eie woonkamer moet uitskreeu in plaas van in die kroeg.

Die 24-jarige Verstappen, wat tans maar met 8 punte voorloop, hoop om die eerste Nederlander te word wat die kampioenskap beklink, terwyl sy Britse teenstander Lewis Hamilton (36) van Mercedes sy tande slyp vir sy agtste sege en die verbysteek van Michael Schumacher se bestaande rekordgetal oorwinnings...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.