ANC moet kies: Dink nuut of duik in die hek

DOODSKLOKKE LUI

ANC moet kies: Dink nuut of duik in die hek

'n Opdraande stryd lê voor vir die regerende party om politieke uitwissing in die nasionale verkiesing van 2024 te vermy, skryf NATASHA MARRIAN.

DIT kon erger gewees het: Die ANC se eie navorsing voor die plaaslike verkiesings het sy steun voor stemdag op 1 November op net 38% geraam. Om dus 'n finale totaal van 45% bymekaar te skraap – en om steun van onderskeidelik 89% en 93% in die Oos-Kaap en Limpopo te verwerf – het beteken die party was in staat om politieke uitwissing vry te spring.  

Dít is die gevolgtrekking van die ANC se aanvanklike ontleding van die  drastiese daling van sy steun in die 2021-verkiesings, waarin hy Gauteng vir alle praktiese doeleindes verloor het, asook 'n betekenisvolle gedeelte van KwaZulu-Natal (KZN).

Die verlies van hierdie twee sleutelprovinsies in die nasionale verkiesing in 2024 kan die einde beteken van die 109 jaar oue bevrydingsbeweging as 'n nasionale moondheid. Die ANC gaan vroeg volgende jaar 'n vergadering hou om homself te “herposisioneer", en dis 'n geval van vernuwing of ondergang...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.