Moordklag: Die feite van die saak

REGSMEDIESE VERSLAG

Moordklag: Die feite van die saak

Dit sou beter gewees het as sy pa hom aangerand het, sê die seun aan LOUIS AWERBUCK. Eerder as dit wat sy pa vir hom gesê het.

VERSKRIK sit die vyftienjarige seun, sy arms om sy bolyf geklem. Hy kyk onrustig rond, asof iemand skielik agter hom gaan verskyn. Daar staan 'n polisieman in uniform en waghou by die uitgang van die spreekkamer. Teoreties sodat hy nie ontsnap nie, eintlik prakties om hom terug te neem na die plek van bewaring waar hy as minderjarige nou in die Staat se besit is. Hy het in elk geval geen ander plek om heen te gaan nie.

Hy is tingerig en skraal, en kom sag-huiwerig voor. Ek verduidelik aan hom dat hy baie vrae gaan moet beantwoord en dat hy eerlik moet wees. Hy kan niks wegsteek nie, anders gaan dit teen hom tel in die hof, beklemtoon ek 'n tweede keer. 'n Regsmediese verslag is 'n ernstige ding, mens moet jou feite reg hê, en bowenal moet jy objektief bly. Onthou, sê ek vir hom, jy word deur 'n klag van moord in die gesig gestaar. 

Ek maak 'n nota: Hy kom ten volle georïenteer en sonder gedagteprosesversteurings voor. Hy weet dus watter dag van die week dit is, waar hy is, en hoekom hy daar is. Hy hallusineer nie en is in staat om logiese sinne te formuleer. Hy is by sy volle verstand...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.