Vlug! Dis weer tyd vir Krismismusiek!

RIENGTIENTIENG!

Vlug! Dis weer tyd vir Krismismusiek!

Dis weer tyd vir daardie genre waarvoor mens gewoonlik jou ore wil toedruk – Krimismusiek. Maar so tussen al die versuikerde gruwels is daar verskeie mooi Krismisliedjies wat heel luisterbaar is, skryf MADELEINE BARNARD. Dit sluit ’n nuwe een van sir Elton John en Ed Sheeran in.

DIE meme begin gewoonlik êrens vroeg in November soos donker voorbodes deurkom. Dis weer tyd om Michael Bublé en Mariah Carey stadig te begin ontvries, stel hulle voor.

Almal weet wat kom en waaraan hulle in winkelsentrums en koffiewinkels en oor die radio blootgestel gaan word. Want ’n ontvriesde Bublé beteken net een ding: Kry die oorproppe. Draai vir Tom Waits kliphard op die draaitafel. Want hier kom weer ’n “Holly Jolly Christmas”!

Ek het regtig gedink ek kan die Krismismusiek vanjaar vryspring. Ons woon ver van enige winkelsentrum af en wie wil in elk geval in die tyd van die pes in winkelsentrums rondloop? Jy wil ongetwyfeld nie in koffiewinkels gaan rondsit nie. En my bril wasem in elk geval toe as ek ’n masker dra...

Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.

Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.

X