Gatskopsusters van die silwerskerm

SUPERHELDINNE

Gatskopsusters van die silwerskerm

Dis opmerklik hoe al hoe meer sterk vrouehelde deesdae amok maak in flieks – van aksiefliek-gatskoppers tot sprokiesfeekse tot strippe-strontsoekers. En hoe vrouekarakters ’n kans gegun word om die volle spektrum van goed na boos te dek in hulle vertolkings. MADELEINE BARNARD het gaan fliek om meer uit te vind.

DAAR is min dinge in die lewe lekkerder as fliek. En vir my is daar min flieks lekkerder as ’n fliek met een van my susters as die karakter wat dinge laat gebeur. Veral as sy ’n paar gatte skop.

Ons het almal grootgeword met ’n dieet van flieks met ’n aantreklike, sterk, slim en vindingryke hoofseun in die hoofrol. Die vroue staan gewoonlik rond in skrapse klere, hang soos ’n handsakkie aan die hoofseun se gewrig of hou sy kooi warm. As daar probleme kom, deel die held die opstoppers uit, terwyl die “heldin” gewoonlik eenkant staan en skree soos ’n papegaai wat ’n stukkie pynappel soek.

Sarah Connor en daardie haelgeweer..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.