Ongeëwenaarde petrolprys kan olie op onenigheidsvuur wees

WAT KAN ONS DOEN?

Ongeëwenaarde petrolprys kan olie op onenigheidsvuur wees

Met die petrolprys wat aan R20 per liter grens, is dit duidelik dat ons ’n omvattende hersiening kort van brandstofbelastings, wat R6.11 opslurp van elke liter wat jy koop, skryf ROB ROSE.

TALLE Radio 702-luisteraars in daardie onskuldige dae voor Jacob Zuma se presidentskap sal Layton Beard, dié radiostasie se senior politieke beriggewer, onthou. Hy is van daar na eNCA voordat hy by die Automobiel-Assosiasie (AA) aangesluit het – nog een van ’n stroom joernaliste wat dié onstuimige beroep vaarwel toegeroep het.

Maar hy is gelukkig dat hy steeds by ’n plek kan werk waar hy sy idealisme kan uitleef. “Ons sien onsself as ’n organisasie wat vir verbruikers voorspraak maak. Ons is ’n beweging; ons werk vir ’n saak,” sê hy oor die radio. “Dis ons plig om vir álmal te kolf oor goed soos die brandstofprys en wat met hulle belasting gebeur, want dit raak mense se geldsake ten nouste. As die brandstofheffing nie na behore gebruik word nie, is dit ons werk om te sê: ‘Dít is nie reg nie.’”

En op die oomblik is Beard veral gekwel oor wat in November gaan gebeur wanneer die binnelandse petrolprys waarskynlik tot R19.30 per liter aangepas gaan word – ’n katspoegie van R20 per liter af. Dit sal die hoogste prys tot nog toe wees en dít in ’n tyd van groter werkloosheid as ooit tevore...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.