Presies wanneer het Suid-Afrika die spoor so sleg byster geraak?

DIE ENGEL VAN BEVRYDING HET ’N MONSTER GEWORD

Presies wanneer het Suid-Afrika die spoor so sleg byster geraak?

Dinge het afgryslik skeefgeloop in Suid-Afrika. Ons het ons onskuld in iets monsteragtigs omskep, skryf ISMAIL LAGARDIEN.

MET sekere uitsonderings kan oorsaaklikheid op ’n groot samelewingsvlak een van die moeilikste dinge wees om te identifiseer. Daar ís natuurlik historiese gebeurtenisse of passasies wat “maklik” is om te verduidelik, soos die Europese oorloë wat op 28 Julie 1914 begin en op 2 September 1945 geëindig het. Ondanks die Verdrag van Versailles in 1919 is tot die slotsom gekom dat hierdie oorloë taamlik maklik is om te verduidelik.

En terwyl ons dié onderwerp bekyk: Dit is ook taamlik maklik om die heropbou van Duitsland en Japan ná die oorlogtyd te verduidelik, asook China se opkoms tot ’n ekonomiese kragreus die afgelope 20 tot 30 jaar. Die oorsake van die globale krisis in 2008 kan ook met bepaalde beleide en praktyke in die Amerikaanse behuisingsmark verbind word. Ek moet vinnig hierby voeg dat die oorsake van sekere gebeurtenisse en “stand van sake” ook filosofies bespreek word, maar dit gee my hoofpyn. Ek gaan dus eerder die maklike roete volg, al is dit net om ruimte vir hierdie bespreking te maak.

Soos baie ander Suid-Afrikaners wonder ek ure en dae lank presies hoe ons so ’n weerspannige, onregeerbare samelewing geword het; ’n land met sulke lae vertrouensvlakke, ’n algemene gebrek aan empatie, polities-ekonomiese mislukkings, misdaad en geweld (veral teen vroue), korrupsie en wanbestuur, en etiese verval. En alles word onderstreep deur ’n dwarrelende gewaarwording van ewige onskuld en ’n soort selfophemeling. As uitgangspunt kan ons die volgende vraag vra: Waar het ons so verskriklik koers verloor?..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.