Die kunstenaar HENK SERFONTEIN vat 'n Uber Parow toe. Al met Voortrekkerweg na boere-Italië waar hy hoop om wie weet wat te kry uit ’n besoek aan die ikoniese Harlequin-restaurant.
DIS Dinsdag en ek volg my Uber-bestuurder se motor op my foon se skerm. Ek wonder hoe ene Daddy met sy Suzuki sal lyk. Dis 'n snikhete middag in die stadskom van Kaapstad. Die Uber hou stil en Daddy in sy vrolike Mandela-hemp van shweshwe-katoen groet my toe ek agter inklim. Op die radio verwissel 'n Nigeriese priester se stem rat na 'n hoër oktaaf en ’n lang uitgerekte “Jeeezas”. So word ek uitgelewer aan Daddy en Jesus om my veilig by my bestemming te kry: Wat ek daarvan onthou, is ’n pronkplek met die naam Harlequin uitgespel teen ’n retro gebou in Voortrekkerweg, Parow. Kompleet 'n nokturniese skildery met die bekoring van 'n diner deur Edward Hopper.
Die laatmiddagverkeer is rof en 'n taxi swaai voor ons in toe ons verby die Katzenellenbogen-hoek van die Kasteel de Goede Hoop ry. Die taxibestuurder se regterarm hang by die venster uit, siegret in die hand met 'n tatoe van 'n skedel en 'n mes met 'n druppeltjie bloed.
Ek sien die Locomotive Hotel toe ons by die Soutrivier-sirkel links swenk. Dis die begin van Voortrekkerweg en ons ry verby die ikoniese Koeberg Fisheries met sy blou Fried Fish & Chips-reklamebord. 'n Sweempie sout en asyn tref my neus. Daar is die poskantoor en 'n R5-winkel, Liverpool Supermarket waar jy airtime kan koop. Oorkant Zanzibar Barber verkoop iemand vars mielies wat nog hul blare en baard aan het...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.
Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.
Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.
Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.
OP SOEK NA SY KINDERJARE
Laatmiddag in ’n restaurant in boere-Italië
Die kunstenaar HENK SERFONTEIN vat 'n Uber Parow toe. Al met Voortrekkerweg na boere-Italië waar hy hoop om wie weet wat te kry uit ’n besoek aan die ikoniese Harlequin-restaurant.
Deel
DIS Dinsdag en ek volg my Uber-bestuurder se motor op my foon se skerm. Ek wonder hoe ene Daddy met sy Suzuki sal lyk. Dis 'n snikhete middag in die stadskom van Kaapstad. Die Uber hou stil en Daddy in sy vrolike Mandela-hemp van shweshwe-katoen groet my toe ek agter inklim. Op die radio verwissel 'n Nigeriese priester se stem rat na 'n hoër oktaaf en ’n lang uitgerekte “Jeeezas”. So word ek uitgelewer aan Daddy en Jesus om my veilig by my bestemming te kry: Wat ek daarvan onthou, is ’n pronkplek met die naam Harlequin uitgespel teen ’n retro gebou in Voortrekkerweg, Parow. Kompleet 'n nokturniese skildery met die bekoring van 'n diner deur Edward Hopper.
Die laatmiddagverkeer is rof en 'n taxi swaai voor ons in toe ons verby die Katzenellenbogen-hoek van die Kasteel de Goede Hoop ry. Die taxibestuurder se regterarm hang by die venster uit, siegret in die hand met 'n tatoe van 'n skedel en 'n mes met 'n druppeltjie bloed.
Ek sien die Locomotive Hotel toe ons by die Soutrivier-sirkel links swenk. Dis die begin van Voortrekkerweg en ons ry verby die ikoniese Koeberg Fisheries met sy blou Fried Fish & Chips-reklamebord. 'n Sweempie sout en asyn tref my neus. Daar is die poskantoor en 'n R5-winkel, Liverpool Supermarket waar jy airtime kan koop. Oorkant Zanzibar Barber verkoop iemand vars mielies wat nog hul blare en baard aan het...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.
Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.
Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.
Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Verwante Artikels
C is nie net vir ‘coronavirus’ nie
Instagram-kunstoer deur SA
Kwarantyn vir een
Veerligte rooi-koeldrank-skons
Ouma-koekies wat jou kop sal laat draai
Deel
Deel
Volgende artikelHenk Serfontein
Skrywer en kunstenaarHenk Serfontein is 'n visuele kunstenaar wat skryf oor populêre kultuur, Afrikaanse digkuns, retro kos, mense en kuns.