C is nie net vir ‘coronavirus’ nie

ALFABETSKOOL

C is nie net vir ‘coronavirus’ nie

HENK SERFONTEIN het tydens inperking vir sy buurvrou se vyfjarige dogter die alfabet geleer met die hulp van Nicolaas Maritz se boek South African Animal Portraits A-Z. Nie net kon hy met ’n alfabetboek 'n kind deur die rykdom van die diereryk laat reis nie, hy kon ook sy coronawoordeskat opskerp.

TWEE dae voor die aanvang van inperking het ek onverwags 'n stemboodskap van my buurvrou se dogter op WhatsApp ontvang. Charlotte is 'n Engelse roos met 'n reeds parmantige Britse aksent en 'n voorliefde vir ligblou en pienk kolwyntjies wat sy self versier. Sy het my gevra of sy tydens inperking met stemboodskappe en foto's met my kan kommunikeer omdat sy nie kan lees of skryf nie.

Om die sosiale transaksie deur te haak het sy die boodskap opgevolg met 'n rits foto's. Dit het ingesluit 'n skewe ongefokusde foto van haar langhaar-worshond, Lulu, 'n foto van haar tekening (van die syfer 5 in reënboogkleure), asook 'n foto van haar kombuisvenster van onder afgeneem vanuit haar perspektief.

Dit was vir my ongewoon om die wêreld vanuit haar oë te sien. Sy het 'n passie vir kleure en diere en hemelse blou lug en is iemand wat nog opkyk om die wonder van die wêreld wat bo haar uittroon te ervaar. ..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.