Met skop, ja! Hoe om te brou sonder berou

STOOK MET STYL

Met skop, ja! Hoe om te brou sonder berou

Tsikwe Molobye is die stigter-eienaar van die Stimela Brewing Co, en die skepper van ’n e-resepteboek vir broumaagde wat pas verskyn het. ANNELIZE VISSER het by hom gaan kers opsteek namens almal wie se wyn kant en klaar op is.

DIE naam van die boek is Lockdown Dranks. “Dranks” soos in “thanks”, en die man wat jy moet bedank, is Tsikwe Molobye, die brouprins van Soweto. Hy is hier om jou te red van daardie pynappelbrousel wat op jou stoep in die petrolkan staan en borrel en gis. Want wie ook al gesê het jy’t net drie ryp pynappels en ’n sak suiker nodig om jou eie lockdown-dop te stook, dra nie jou belange op die hart nie.

Dié brousel kan wel sorg vir ’n kopseer in die oggend, maar dis doringdraad. By Tsikwe kan jy leer stook met styl.

Sy gemmerbier word van vars gemmer gemaak en gegeur met lemmetjieskil, naeltjies en kaneel. Vir sy Lockdown-lemoenwyn benodig jy die sap en skil van 20 soet lemoene, vir sy weergawe van die Masai-heuningwyn wat hy in Arusha, Tanzanië, leer maak het, rou heuning en fyngekerfde aalwynblare...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.