Nuwe hoogtes: Ouma-koekies wat jou kop sal laat draai

MET ZOL

Nuwe hoogtes: Ouma-koekies wat jou kop sal laat draai

HENK SERFONTEIN verklap die onwettighede en onhebbelikhede wat tussen die vier mure van ’n pienk woonstelblok afspeel. Hy bak ook ’n variasie van sy ouma Anna Ziezanna Dirktiena se driespeserykoekies wat haar in haar graf sal laat omdraai.

RUMARCO Court is ’n Mount Nelson-pienk Art Deco-woonstelblok wat in 1930 gebou is. Sy is ’n dubbelverdieping-dame wat al vir jare die woedende Suidooster trotseer. In haar gange woon ’n kat met die naam Anna Pavlova wat die ses woonstelbewoners deel. Die 15 jaar wat ek hier woon, het my geleer dat soveel dae inderdaad soveel dinge oplewer.

Wanneer woonstelbewoners so naby aan mekaar woon, oorvleuel lewens op die gemaklikste maar ook ongemaklike maniere. ’n Mens raak bewus van die onhebbelikhede en die onwettighede van die bure.

’n Stert-tussen-die-bene-oggendstappie van ’n onbekende met ’n Tinder-uitdrukking op die gesig ná ’n nag van passie by die woonstel langsaan gaan nie ongesiens verby nie...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.