Resepte: Janra(a)p en sy maat viskoek

KOS EN KOSMOS

Resepte: Janra(a)p en sy maat viskoek

In ’n lighoofdige oomblik kook FREDERIK DE JAGER rape, maar eintlik net om die lekkerste viskoekies in die wêreld geselskap te hou.

IN die opwaartse hyser van Naspers se gebou in Roggebaai het ’n koddige oubasie snork-snork in die hoek gestaan. Twee jongens wat langs die pad opgeklim het, bekuifde mediawerkers van die een of ander beskrywing, het hom een skuins kyk gegee en verder met mekaar gekorswel.

Hulle het kennelik nie geweet wie hy was nie, nóg dat hy op pad was na sy kantoor in die wolke, waarheen hy nog daagliks ingekom het sedert sy aftrede as die grootbaas.

Hulle sou sekerlik ook nie geweet het nie dat Piet Cillié in sy jare as redakteur van Die Burger ’n boekie rubrieke gepubliseer het met die titel Eet jou rape eerste. Die titelrubriek het gesê ’n mens moet eerste die onaangename takies afhandel, dan is die res van die dag se werk ’n vreugde. Niemand hou immers van rape nie, reg?..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.