Rooi-koeldrank-skons vir mense met oop hande

IN CORONATIONSTRAAT

Rooi-koeldrank-skons vir mense met oop hande

HENK SERFONTEIN het van Hanoverstraat in Distrik Ses gestap tot by die Coronation Bazaar in Walmer Estate op soek na 'n bottel rooi Bashew's-koeldrank. Die vraag is: Sal 'n blikkie Sparberry Sparletta dieselfde skons so veerlig maak?

DAAR is ’n groot oop stuk grond in die Kaap met ’n uitsig oor die see waar ek soms gaan stap. Nadat dit gereën het, kan mens klein porseleinfragmente in die veld daar optel. Ek sal die fragmente in die palm van my hand koester, maar uiteindelik sal ek my vuis oopmaak sodat die stukkies porselein deur my vingers terugval grond toe, want dis nie myne nie. Dis al wat oorgebly het van Distrik Ses.

Ek sal van daar verby die Zonnebloem-muurskildery oorkant die Holy Cross Primary School loop. Teen die agterkant van 'n muur oorkant die pad is daar oorblyfsels van Lucy Lovemore se openbare kunswerk waarnaas die woorde “Love with open hands” in verbleikte swart letters staan.

Haar kunswerk van keramiekwaaiers waarin die portrette van inwoners van Distrik Ses oorspronklik geplaas is, is verinneweer deur die tyd. Die portrette van familielede ontbreek in die raampies waarvan net die herinneringe oorgebly het. Dat hierdie mense in die vergetelheid vervaag en stemloses en naamloses word, kan ons nie toelaat nie. Agter elke leë raampie en elke fasade van ’n huis klop daar bloed in die are van ontheemdes van Distrik Ses...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.