Corona-kwarantyn vir een

VISKOEKIES EN VERMEER

Corona-kwarantyn vir een

Sal hy uiteindelik leer om ’n Rubik’s cube binne drie minute op te los? Sal hy leer brei of ’n bierbrood bak? HENK SERFONTEIN wonder of ander enkellopendes ook so melankolies voel, en herontdek die anker van ’n persoonlike ritueel.

NÁ die eerste paar dae van my selfkwarantyn het die kajuitkoors my begin vang en het ek met ’n konserwatiewe wenslysie my plaaslike Checkers besoek. My wapens vir die geleentheid het ingesluit: handontsmettingmiddel met ’n alkoholinhoud wat mampoer soos koeldrank sal laat proe en ’n wit dubbellaag-masker en skewe bril op die gesig.

Die onsigbare korona-virus het van my ’n gemaskerde skim met ’n skilpaddop-brilraam gemaak wat aanraking tot elke prys vermy. My agterdogvlakke jeens my medemens en my angs het die hoogte ingeskiet en skielik kan ek nie in die openbaar wegkruip deur net my oë toe te maak nie. Die gange by Checkers was gevul met kopers met ’n onstuitbare dringendheid wat die nuwe distopiese landskap geword het.

Net vroeër die dag het ek skuldig gevoel toe een van my gunsteling-sjefs, Marion Grasby, se dekadente demonstrasie van vark-en-sprietui-kluitjies in ’n brandrissie-olie verbygeflits het op Instagram. Dit voel amper oneties om in hierdie troebel tyd die geilheid van kos te vier...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.