Kom saam op ’n Instagram-kunstoer deur Suid-Afrika

TOEGANG IS GRATIS

Kom saam op ’n Instagram-kunstoer deur Suid-Afrika

HENK SERFONTEIN het sy maandelikse galery-uitstappie begin mis. Nou neem hy lesers saam op 'n virtuele toer van Suid-Afrika se opwindendste kunstenaars op Instagram.

AFSONDERING het my dié week moeg en moedeloos gelaat. Kajuitstuipe begin my vang en ek mis kontak met die natuur. Iets eenvoudigs soos seesand onder my voete word 'n herinnering wat ek koester.

Soos ander mense bring ek nou meer tyd aanlyn deur. Hier volg ek die bywerking van die statistieke oor die Covid-19-virus op Twitter. Op Facebook sien ek hoe vriende die emosionele impak van die virus probeer verwerk. Dié platform het werklik 'n biegboek van vrees en weerloosheid geword. Dis vertroostend en ontroerend om te sien dat ander mense ook sukkel om die volle impak van die wêreldwye krisis te hanteer.

Soms ontvlug ek op Instagram en kyk na kunstenaars se werk in die hoop op ontdekkings en om my bestaan op te helder. Dit doen ek nie omdat ek toondoof is nie, maar omdat ek glo dat visuele beelde die mag het om in tye van ontwrigting te transformeer en ook te troos...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.