Leon Schreiber oor ‘Max se kinderlike tantrum’

DA'S ACTION, SA

Leon Schreiber oor ‘Max se kinderlike tantrum’

Die DA-LP LEON SCHREIBER reageer op opmerkings wat Max du Preez in verlede week se Politieke Notaboek gemaak het.

  • 11 Februarie 2022
  • Nuus & Politiek
  • 6 min om te lees
  • artikel 6 van 29
  • Leon Schreiber

EEN van die jammerste verskynsels van ons tyd is die wyse waarop sommige joernaliste toelaat dat hul persoonlike vooroordele hul vermoë om objektiewe beriggewing te doen ondermyn. Juis daarom is dit so hartseer wanneer selfs 'n gesoute joernalis soos Max du Preez toelaat dat die inhoud van sy beriggewing deur sy persoonlike agenda bepaal word. Ad hominem-aanvalle en pogings tot afpersing is eenvoudig nie die gepaste manier om te reageer op geldige vrae oor die (toenemende?) bereidwilligheid van sommige Suid-Afrikaners om vreemdelingehaat oor te sien nie.

Du Preez het 'n ellelange lofsang vir ActionSA geskryf waarin hy oudergewoonte 'n klomp beledigings in die rigting van die DA gooi, maar op vreemde wyse versuim om die olifant in die ASA-voorkamer ordentlik te takel: xenofobie.

Blote ure nadat Du Preez se artikel gepubliseer is, kom die xenofobie toe soos morbiede klokslag uit partyleier Herman Mashaba se pen. Op Twitter loods hy vir die soveelste keer 'n aanval op buitelandse burgers, hierdie keer omdat hulle dit durf waag om by die departement van onderwys te werk en sodoende 'n bydrae te lewer tot hul nuwe land. Veelseggend is die feit dat dit hier nie eers gegaan het oor buitelanders wat onwettig in die land is nie. Nee, vir Mashaba beteken die blote feit dat hulle 'n ander paspoort dra dat hulle slegs in hul tuislande mag werk...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.