Die mal idees waarvoor Rusland nou nog ’n prys betaal

BESKERMDE DENKE

Die mal idees waarvoor Rusland nou nog ’n prys betaal

Die storie van die Sowjet-wetenskaplike Trofim Lysenko is 'n onverbeterlike voorbeeld van wat kan gebeur as dogma en eiebelang die skyn van wetenskap aanneem, skryf WILLEM KEMPEN.

DIE wrang ironie is dat as Trofim Denisovich Lysenko sy lewe in 1898 in oorvloed en bevoorregting begin het, hy dalk nooit berugtheid sou verwerf het as die man wat aandadig was aan miljoene Russe en Chinese se hongerdood nie.

Want dit was juis Lysenko se agtergrond as die seun van arm Oekraïense kleinboere wat Sowjetleiers soos Josef Stalin oortuig het om sy soms bisarre idees oor hoe landbou-opbrengste verbeter kon word, ernstig op te neem en op die kommunistiese wêreld af te dwing.

Lysenko het eers op ouderdom 13 leer lees en skryf, maar tog 12 jaar later – in die vroeë jare van die Bolsjewistiese revolusie – ’n kwalifikasie aan ’n landbou-instituut behaal. Vier jaar later het hy die kans gekry om in Azerbaidjan (destyds ’n Sowjet-republiek) te eksperimenteer met maniere om peulgewasse in die harde Russiese winters te verbou. Hy het wyer aandag begin trek toe die propagandablad Pravda entoesiasties berig het oor sy aansprake op deurbrake met maniere om landerye sonder kunsmis of toegediende minerale te bemes, en dat hy ertjies ’n Azerbaidjanse winter laat oorleef het...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.