Die outjie wat in die basement woon

AMBISIELOOS?

Die outjie wat in die basement woon

Dis 'n bietjie van 'n raaisel waarom die Amerikaanse arbeidsmark meer oop poste as werkloses het. Dalk is deel van die verklaring 'n groeiende mentaliteit onder jongmense wat miskien ook elders kan posvat, meen WILLEM KEMPEN.

IN sommige opsigte lyk dit of die Amerikaanse ekonomie naby aan ten volle herstel is van die skok van die pandemie, maar terselfdertyd het daar ook ’n raaisel opgeduik: Hoekom is daar meer ongevulde poste as werklose mense?

Natuurlik pas die vaardighede van diegene wat werk soek nie altyd netjies by wat gesoek word vir die vakatures nie, maar in 'n ontwikkelde ekonomie met hoë mobiliteit tussen poste word die gaping gewoonlik gou gevul.

Dis ook nie dat gevorderde vaardighede nodig is om dié poste te vul nie, want dis tipies kleiner ondernemings met relatief basiese behoeftes wat sukkel om mense aangestel te kry. Dié situasie het selfs einde verlede jaar aanleiding gegee tot ’n nuwe term: die “‘I don’t know’ economy”: Ondernemers weet nie wanneer hulle logistieke voorraadkettings weer heeltemal herstel gaan wees nie, ouers weet nie wanneer skole en dagsorg weer volledig in bedryf gaan wees nie; kantoorwerkers weet nie wanneer hulle weer na hulle ou roetines sal kan terugkeer nie...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.

Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.

Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.

Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!

Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.