POLITIEKE NOTABOEK | Oor Mr Fix Fokol, die liegbek-tantes en...

WAT ’N SKOUSPEL

POLITIEKE NOTABOEK | Oor Mr Fix Fokol, die liegbek-tantes en Z-joernaliste

MAX DU PREEZ bekyk die ANC se week van besonderse prestasies en skryf oor die openbare beskermer wat dalk geskors kan word en joernaliste met Z-hemde.

DIE laaste week was 'n skouspelagtige vertoonvenster van wie en wat die regerende ANC werklik is. Nou nie juis wat 'n mens verwag van 'n  party wat vier maande gelede bloedneus in die plaaslike verkiesings gekry het en moet voorberei om nie oor twee jaar nasionaal uit die kussings gelig te word nie.

Hier is van die hooftrekke:

Die minister van vervoer, Fikile Mbalula, laat weet ewe dramaties Saterdagmiddag via Twitter dat hy pas in die oorloggeteisterde Oekraïne aangekom het. Dis groot nuus, want ANC-leiers verkoop privaat die storie dat die ANC “neutraal” oor die konflik bly omdat dit dalk 'n bemiddelingsrol kan speel. (Ja, regtig, die party wat nie verlede Julie se mislukte insurgensie en anargie kon beheer of enigiemand daarvoor verantwoordelik hou nie, wil die wêreld se ernstigste oorlog in dekades gaan help oplos.)..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.