Oorlog in Oekraïne ’n groot skok met ’n silwer randjie vir SA

GROTER VRAAG NA STEENKOOL?

Oorlog in Oekraïne ’n groot skok met ’n silwer randjie vir SA

Die Russiese inval in sy buurland skep hier en daar 'n geleentheid vir Suid-Afrika, skryf HUGO PIENAAR.

UIT ’n plaaslike ekonomiese oogpunt is die vernaamste impak van die oorlog in Oekraïne om die tempo van toename in inflasie op die kort termyn wesenlik te verhoog. Die oorlog hou 'n groot risiko in vir die prys van petrol en kos, twee kernbelangrike komponente van die verbruikersprysindeks (VPI).

Rusland en Oekraïne is belangrike uitvoerders van graanprodukte, veral koring. Daar word soms na Oekraïne as die broodmandjie van Europa verwys. Rusland is ook ’n enorme energieprodusent (olie en gas). Die oorlog het vrese laat ontstaan dat die verskaffing van graan en olie aan die wêreldmarkte ondermyn kan word. Dit het die pryse van koring en olie die hoogte in laat skiet.

Die gemiddelde prys van ’n vaatjie Brent-ruolie het tot dusver in Maart met nagenoeg 28% toegeneem vergeleke met die gemiddelde prys in Februarie. Terselfdertyd het die prys van koring op internasionale termynmarkte in sommige gevalle tot ’n rekordhoogtepunt gestyg. Hoewel nie in dieselfde mate nie, het die prys van koring op die Suid-Afrikaanse termynmark ook die laaste paar weke skerp gestyg. Suid-Afrika is ’n netto invoerder van koring, wat beteken dat die plaaslike prys grootliks deur internasionale pryse bepaal word...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.