DOZHD, beter bekend as TV Rain, was een van ’n handjievol nuusplatforms in Rusland wat sedert sy ontstaan in 2010 verseg het om die knie te buig voor die land se magtige regering. Dit was ’n eerlike kanaal met die leuse “Gesprekke oor belangrike aangeleenthede met mense wat vir ons belangrik is”.
Terwyl die regering die media grootliks met ’n ystervuis beheer en daarmee saam die narratief wat aan die volk oorgedra word, was TV Rain die alternatiewe, onafhanklike stem. Maar weens die stasie se kritiek op die inval in Oekraïne het die regering op 1 Maart toegang tot die kanaal geblok.
Twee dae later het personeellede wat teen daardie tyd nog nie uit die land gevlug het nie, tydens ’n uitsending op YouTube uit die ateljee gestap...
Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.
Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.