Kyk, dis pienk pods in the sky with diamonds!

SPEELS

Kyk, dis pienk pods in the sky with diamonds!

Wanneer die PlayStation-generasie argitekte word, ontwerp hulle speelse geboue soos die Uxolo in Kaapstad met sy pienk marshmallow-balkonne. LAUREEN ROSSOUW gesels met die twee verbeeldingryke skeppers.

DIE eerste keer toe ek die pienk Lego-blokkiesgebou vanuit Langstraat raaksien, dog ek dis ’n stel vir ’n advertensie wat verfilm word. Eers toe ek naderstap, sien ek dis ’n permanente gebou en die pienk perdestalletjies in die lug is balkonne. Ek het dadelik besef die kinders wat PlayStation gespeel het, bou nou geboue. Ek bel een van my argiteksvriende, John Edwards, om uit te vind wie en wat agter dié vars ontwerp sit. Hy sê dis die Uxolo-woonstelle, wat hy noem die psychedelic-PoMo-pink-patterned-a-partments en “die beste ding wat tot dusver uit Covid gekom het”.

Die historiese Langstraat is sleg geknou deur die pandemie toe baie besighede moes toemaak. Daarom is die Uxolo ’n groot aanwins daar waar hy in een van die systraatjies staan. Twee skoolmaats is verantwoordelik vir hierdie aandagtrekker: die 33-jarige André Krige en Theo Kruger wat mekaar van hul Voortrekker-dae af in Linden, Johannesburg, ken. Later het hulle paaie in Bloemfontein gekruis toe hulle saam daar argitektuur studeer het en vandag is hulle aan die hoof van Two Five Five Architects.

Hulle vertel my die naam Uxolo is Xhosa vir “vrede" of “welwillendheid” en dis ’n kopknik na Vredenburg-steeg waarin die gebou staan. Hierdie eerste voltooide residensiële ontwikkeling van mikro-eenhede in die Kaapstadse sakekern bestaan uit 35 residensiële eenhede van tussen 24m² en 40m², sowel as ’n voorportaal en kleinhandel-area op die grondvloer. Die hele erf is net 195.5m²...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.