Groene skoene en ’n fes uit Marrakesj

IN STYL

Groene skoene en ’n fes uit Marrakesj

LAUREEN ROSSOUW, voormalige redakteur van Elle Decor, sluit hierdie week by ons aan as 'n rubriekskrywer. Kuns. Ontwerp. Tuine. Argitektuur. Reis. Mode. Dit is die wêreld wat sy vir ons met haar unieke oog gaan belig. Sy skop af met 'n vertelling oor hoe dit alles begin het – en hoe sy haar pa se petrolgeld dubbel en dwars terugverdien het.

“AS ek geweet het dis wat jy met jou lewe wil doen, het ek jou in standerd agt al uit die skool gehaal en vir jou gesê jy moet gaan batterye verkoop by die OK Bazaars,” sê my pa toe ek hom vertel ek is op pad na ’n styling job. Ek wou my eers vir hom vererg, maar was haastig om by die werk te kom. Buitendien moet ek R100 by hom leen vir petrol. Later sal ek hom terugkry; hulle kuier nog ’n ruk by ons.

Waarnatoe ek op pad is, is die Tygerberg-dieretuin naby Durbanville. Dis die begin-90’s en ons skiet ’n advertensie vir ’n Duitse denimhandelsmerk. My werk is om ’n mini-safari te organiseer vir ’n shoot met twee karakters in Duitse jeans wat elk met ’n verkyker voor ’n Jeep (in sebra-kamoeflering) en vier sirkusleeus staan en pose. Vir hierdie kitsch gala verdien ek R2 000, meer as wat ek op enige ander plek kan maak.

Dit het alles begin by ’n Oujaarsaandparty ná my eerste kind se geboorte. Die moderedakteur van die tydskrif Style vra my om haar met die volgende uitgawe te help. Sy soek iemand met ’n goeie oog. Hoekom sy my vra, is oor my groen skoene. Daar is niks toevalligs aan my skoene nie, sê sy...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.