Joe Rogan, die bro van alle podbro’s

PROVOCATEUR VIR DIE SUBURBS

Joe Rogan, die bro van alle podbro’s

Dit sou maklik wees om die Amerikaanse podcaster as net 'n ryk ou met baie spiere, verregaande idees en 'n groot mond af te maak. Maklik maar gevaarlik, skryf ADRI KOTZÉ, wat worstel met waarom Rogan soveel invloed het op jong mans van álle politieke oortuigings.

MET sy kaalgeskeerde kop en bultende bo-arms herinner Joe Rogan sterk aan die aksiehelde Vin Diesel en Dwayne Johnson, selfs Bruce Willis circa 2013 in A Good Day to Die Hard. 'n Man onder die manne, vreesloos, 'n buitestander op 'n missie teen ongeregtigheid. Die underdog. In vandag se taal, 'n bro. 

Dis 'n beeld wat Spotify se grootste ster soos 'n handskoen pas. Een van die invloedrykste karakters nie net in Amerikaanse media nie, maar waarskynlik onder baie jong wit mans die wêreld oor, is 'n wandelende (korterige) bol testosteroon wat homself as provocateur sien en sê hy verafsku politieke korrektheid en identiteitspolitiek. Geen koei is te heilig nie. #wokemustfall. Kanselleer kanselleerkultuur. 

Nie dat Rogan in 2022 gekanselleer kan word nie. Hy is eenvoudig te groot en te gewild. Die hoeha oor sy podsending, The Joe Rogan Experience, en waninligting en omstrede gaste gaan sy miljoene der miljoene aanhangers waarskynlik net nóg vuriger maak. Rogan se eksklusiewe ooreenkoms met Spotify, al $100 miljoen (https://www.wsj.com/articles/spotify-strikes-exclusive-podcast-deal-with-joe-rogan-11589913814) daarvan, is immers geskoei op die beginsel dat die gehoor voel hulle is deel van iets waaghalsigs en ondermynends. ..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.