POLITIEKE NOTABOEK | Minagting van die reg: Dali en Julius se ...

GOEIE WEEK VIR SA

POLITIEKE NOTABOEK | Minagting van die reg: Dali en Julius se sabotasie

’n Vorige sitting van die regterlike dienstekommissie, wat onder meer oor die aanstelling van regters beraadslaag, moes weens Julius Malema se wangedrag oorgedoen word. Dié week het hy en sy mede-EFF-vegter Dali Mpofu die onderhoude met kandidate vir hoofregter gesaboteer met skandalige skinderstories wat die hele aard van die kommissie nou onder die loep bring, skryf MAX DU PREEZ. Hy skryf ook oor die DA se hoof-moegoe en ’n rolmodel vir TV-joernaliste.

DIT was, vir ’n verandering, nogal ’n goeie week vir Suid-Afrika, ten spyte van die beurtkrag wat weer ingestel is en die EFF wat op ons batterye pie:

Regter Raymond Zondo se tweede verslag van sy kommissie na staatskaping sny diep en raak. Sleg vir die ANC, goed vir die burgery;

Die spesiale ondersoekeenheid het bevind dat meer as ses uit 10 kontrakte vir persoonlike beskermingstoerusting wat met Covid-19 verband hou, onregmatig was. Die proses om al die miljoene rande terug te kry het begin;..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.

Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.

Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.

Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!

Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.