POLITIEKE NOTABOEK | Van watter Lux’e is jy, neef?

APOLOGIE IN DIE POS

POLITIEKE NOTABOEK | Van watter Lux’e is jy, neef?

MAX DU PREEZ wonder wie die charismatiese figuur agter die xenofobiese Dudula-beweging werklik is. Hy skryf ook oor politieke joernaliste wat oor perdewedrenne skryf en die minister van kommunikasie wat die kluts heel kwytraak.

SY naam is Nhlanhla Lux Dlamini – “just call me Nhlanhla Lux”. Hy is 35 jaar oud, hy lyk soos 'n model en praat privaatskool-Engels. Hy het beslis charisma en floreer op media-aandag.

Nhlanhla Lux lyk na die hotste politieke property van die jaar. Maar wie is hy regtig en waar gaan hy opeindig?

Ek het die eerste keer van hom kennis geneem toe hy in kamoefleerdrag die Maponya Mall in Soweto tydens verlede Julie se wydverspreide plundering beskerm het. Die TV-kameras het van hom gehou en hy was welsprekend en driftig daaroor dat hy sy buurt en werksgeleenthede teen anargie wou beskerm. Hy het homself as die leier van die “Soweto-parlement” geïdentifiseer...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.