×

Ons het nuus vir jou.

Registreer gratis op Vrye Weekblad en ontvang nuusbriewe per e-pos, lewer kommentaar en meer.
Registreer nou
Vreemde name in Afrikaans: hoe om dit toegankliker te maak

ALLE TALE VERSKIL

Vreemde name in Afrikaans: hoe om dit toegankliker te maak

PROF. ERNST KOTZÉ verduidelik, na aanleiding van Max du Preez se nuusbrief oor die demokratisering van Afrikaans, hoekom woorde in verskillende tale vertaal, getranslitereer en getranskribeer word. Klink dit te ingewikkeld? Lees verder en word wys ...

  • 25 Maart 2022
  • Menings & Debat
  • 12 min om te lees
  • Artikel 8 van 28
  • Ernst Kotzé

NUUSKANTORE in alle media in Suid-Afrika ontvang normaalweg berigte en nuusitems van oorsee in geskrewe vorm, en in die meeste gevalle in Engels. Sulke nuusberigte bevat dikwels nie net plekname nie, maar ook eiename van persone en instansies. Eiename van plekke en persone, veral uit lande waar een of meer van die ander 6,000+ wêreldtale gepraat word, het gewoonlik ’n spelling en uitspraak wat vir ons in Suid-Afrika heeltemal vreemd op die oog en oor val. Dit is natuurlik weer in die soeklig geplaas deur die berigte oor die inval in Oekraïne, deurdat verskillende Oekraïense en ander Oos-Europese plekname daagliks in die nuus vermeld word.

Soos in die geval van tale soos Russies, Bulgaars, Masedonies, Serwies en Belarussies, gebruik Oekraïens die Cyrilliese alfabet, anders as die meeste Westerse tale, waaronder Engels en Afrikaans, wat die Romeinse alfabet benut. Om name in sulke tale vir gebruikers van Westerse tale leesbaar en uitspreekbaar te maak, word sulke name getranslitereer in die Romeinse alfabet, of dan geromaniseer. Om dit te kan doen, word die name aangepas by die klank- en skryfstelsel van die taal waarin daar van sulke name verslag gedoen word. Transliterasie behels dus basies die verinheemsing van sulke eiename in Afrikaans, Engels, Nederlands, Japannees, Frans, ensovoorts, en elke taal pas die spelling en uitspraak van so ’n naam aan by die naaste moontlike uitspraakekwivalent van die klanke wat deur die letters van die brontaal voorgestel word. Dit is hoekom ons die naam van die Russiese hoofstad, Мосва “mask-wá” in Afrikaans skryf as Moskou, in Engels as Moscow, in Frans as Moscou, ensovoorts.

Maar ook tale wat die Romeinse alfabet benut, gebruik allerlei diakritiese tekens om die spraakklanke van die taal weer te gee, soos ’n strepie deur die L (Ł) in Pools vir ’n [u] of [w]-klank, soos in Łódź “whoedzj” [wuʤ], Wrocław “wrotswhaf” [vrɔtswaf] en Białystok “biawhistok” [biawəstɔk]. Die klankwaarde van sommige letterkombinasies in byvoorbeeld Pools en Hongaars stem nie ooreen met dié in die Germaanse of Romaanse tale nie, soos bv. die sz in Warszawa (Warskou), wat as sj uitgespreek word [varʃava], terwyl ’n sz in Hongaars ’n s-klank verteenwoordig, en ’n s weer ’n sj-klank, soos in Szeged [sɛgɛd] en Budapest [budapɛʃt]. Die cedilla onder ’n “e” of ’n “a” (die stertjie onderaan die ç van François) verteenwoordig weer ’n [n] ná die vokaal, soos in die naam van die vrouetenniskampioen Swiątek, wat as [sviantɛk] uitgespreek word...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Die meeste van ons artikels is slegs vir ons intekenaars, maar hierdie een is gratis solank jy registreer.

Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.

X