Nuwe Fourie-film stiek kwai yt

FILMFEES

Nuwe Fourie-film stiek kwai yt

Met sy nuutste rolprent, Stiekyt, takel die bekroonde regisseur en draaiboekskrywer Etienne Fourie die blink maar donker wêreld van ‘drag’. LAUREEN ROSSOUW wou ’n paar dinge by hom weet aan die vooraand van die Silwerskermfees.

Jy is 34, ’n skilder, draaiboekskrywer, regisseur en romanskrywer. Slaap jy ooit?

Ek moet bieg, slaap is een van my heel gunsteling-stokperdjies. Ek was nog altyd ’n dromer – letterlik, ek droom elke aand van my lewe. Dit voel soms asof ek per ongeluk ’n geheime portaal na ’n ander wêreld ontdek waarheen ek in my slaap reis. Baie van my idees ontstaan in my drome. Soms droom ek selfs volle stories van begin tot einde.

Ek is tans besig om ’n Engelse televisiereeks te ontwikkel van ’n droom wat ek een aand in Skotland gehad het nadat ek en my lewensmaat, Retief Scholtz, byna dood is in ’n sneeustorm op ’n berg. Ek is dankbaar vir my drome, hoewel dit beslis ook nie net mooi, inspirerende moontlike best-sellers is nie. Die meeste van die tyd is dit nagmerries...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.