IN kommentare oor die verkiesing se uitslae word die belangrikheid van ons grondwetlike demokrasie beklemtoon. Die Grondwet steun in 'n groot mate op die vier pilare van lewe, vryheid, gelykheid en menswaarde (“waarde” eerder as “waardigheid”, om enige skynheilige vertoon van die konsep te verwyder – soos om BBP’s by funksies “hoogwaardigheidsbekleërs” te noem).
Die president word nou gekritiseer vir sy uitleef van menswaarde, want ons soek 'n kragdadige leier wat nie nonsies van enigeen verdra nie. Maar kragdadigheid kleef aan PW se vinger en herinner jou aan John Balthasar se koue oë, wat mens dadelik laat verlang na liewe Madiba en dankie sê dat Vadertjie Desmond en Moedertjie Leah nog met ons is.
Cyril Ramaphosa se agting vir menswaarde is sigbaar en sonder skynheiligheid, soos in die groet, sawubona (ek sien jou). Siyabona klink nog mooier, omdat ons inspirerende rugbykaptein, wat sy medemens ook raaksien, se naam daarin voorkom. ..
Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.
Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.