ANC staan nou vingeralleen in die stouthoekie

’N VLAAG VAN LEKKERKRY HANG OOR DIE LAND

ANC staan nou vingeralleen in die stouthoekie

Skielik staan die ANC alleen – en hulle het net hulself om te blameer ná die munisipale verkiesing, skryf ISMAIL LAGARDIEN. Dis asof die regerende party glad nie met kiesers rekening gehou het nie.

DIS asof die ANC nooit opgelet het nie, nie met kiesers rekening gehou het nie of bloot nie omgegee het terwyl hulle besig was met “hulle beurt om te eet” nie. Skielik, ná laas week se plaaslike verkiesing (LGE21), lyk die ANC soos ’n bekaf skobbejak wat aangesê is om in die stouthoekie te gaan staan. Niemand wil nou met die ANC speel nie. (https://businesstech.co.za/news/government/535142/major-shift-in-power-as-coalitions-look-to-give-the-anc-the-boot-report/)

“Almal wil met die DA dans,” as nuusberigte geglo kan word, maar die party se leier, John Steenhuisen, het glo “’n grens getrek en amptelik nee gesê vir die ANC”. Dit kom in die nadraai van partye wat skarrel vir koalisies om die 66 hangende rade landwyd te lei. Die Inkatha-Vryheidsparty (IVP) en ActionSA het hulle reeds van die ANC gedistansieer. (https://www.polity.org.za/article/da-will-not-be-going-into-coalitions-with-anc-eff---steenhuisen-2021-11-08) Dis byna asof ’n vlaag van nasionale lekkerkry oor die land hang; asof almal op hierdie oomblik gewag het – wanneer die ANC uiteindelik ’n skop onder sy gat gekry het – en uitsien na die volgende algemene verkiesing wanneer die bom gaan bars.

Op ’n sekere manier voel ’n mens amper jammer vir die ANC (nie regtig nie). Die ANC is nou bloot armsalig en bejammerenswaardig. (https://www.dailymaverick.co.za/opinionista/2021-10-19-a-confederacy-of-dunces-the-eff-is-riotous-the-da-comedy-club-is-a-joke-and-the-anc-is-pitiful/) Hoewel ek bytend is oor jammer voel vir die ANC, dink ek dis oukei om nie die goeie mense in die regerende alliansie te vergeet nie – dis nou diegene wat ons op ons een hand kan tel. Die groot probleem vir die ANC is dat Die Deel Wat Ons Bevry Het™ nou dalk die einde van sy heerskappy kan bereik. Dis nie ondenkbaar nie. Die Indian National Congress het Indië meer as vier dekades lank regeer. Een geleerde het vertel baie mense was mettertyd verstom oor “hoe ver die politieke party gedaal het”...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.