Kan Malema mettertyd president word?

KNUPPEL IN DIE HOENDERHOK

Kan Malema mettertyd president word?

Die plaaslikeregeringsverkiesing kan dalk ’n sterk aanwyser wees van waarheen Suid-Afrika op pad is. Hou veral die toename in stemme vir die EFF dop, skryf ISMAIL LAGARDIEN.

OP Maandag 1 November sal Suid-Afrikaners na die stembusse gaan om hulle stemme in die munisipale verkiesing uit te bring – ’n verkiesing wat heel waarskynlik ’n voorloper gaan wees van wat ons vir die volgende algemene verkiesing in 2024 in gedagte kan hou. Ons behoort ná die plaaslike verkiesing te kan sien wat die relatiewe krag van die linksgesindes en radikale is, asook van die konserwatiewes en gematigdes.

Ek het hierdie twee groeperings teenoor mekaar geplaas bloot om die bespreking te vereenvoudig, maar ons kan nie die implikasies van hierdie tweekantigheid ignoreer nie. Die plaaslikeregeringsverkiesing (LGE21) behoort vir ons minstens ’n aanduiding te gee van presies hoe ernstig mense oor hul geloofsoortuigings en waardes is wat die onmiddellike, mediumtermyn- en langtermyntoekoms van Suid-Afrika betref.

Op ’n manier is dit teoreties en spekulatief, maar ek wil graag glo hierdie artikel bevat sekere (verskuilde) elemente van waarheid. Spekulatiewe essays is natuurlik gewoonlik op sekere empiriese bewyse gegrond, asook interpreterende of rasionele getuienis op grond van waarnemings en persoonlike ervaring. Die hoofargument van hierdie skrywe is daarom dat die “sukkelende middelklas” (https://www.oldmutual.co.za/corporate/resource-hub/all-articles/why-SAs-middle-class-can-make-or-break-the-economy)óf krimp óf wil beskerm wat hy het, en ’n meer begerige klas begin word het...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.

Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.

Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.

Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!

Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.