PHINDILE Baleni, direkteur-generaal in die presidensie, het dit ’n voorreg geag om die afgelope week die name bekend te maak van Suid-Afrikaners (en vooraanstaande buitelandse burgers) wat volgende Donderdag ons land se hoogste eerbewyse – nasionale ordes – sal ontvang.
Nasionale ordes word toegeken aan diegene wat bygedra het tot die bevordering van die demokrasie en wat ’n betekenisvolle impak op die lewe van Suid-Afrikaners gemaak het. Die ordes sonder ook individue uit wat help bou aan ’n nierassige, nieseksistiese, demokratiese en voorspoedige Suid-Afrika, soos wat dit in die Grondwet voorgestel word.
Dit word in vyf kategorieë toegeken: Orde van Mendi (vir dapperheid); Orde van Ikhamanga (vir prestasies in die kunste, kultuur, letterkunde, musiek, joernalistiek en sport); Orde van die Kremetart (vir bydraes tot gemeenskapsdiens, sake en die ekonomie, wetenskap, medies en tegnologiese innovasie); Orde van Luthuli (vir deelname aan die stryd vir demokrasie en bydraes tot nasiebou, instandhouding van die demokrasie, menseregte, geregtigheid en vrede, sowel as konflikoplossing); en laastens die Orde van Genote van O.R. Tambo (vir buitelandse vriende van Suid-Afrika se solidariteit en ondersteuning)...
Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.
Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.