DOOD IN DIE WATER
Minder mense en basisse is ál uitkoms vir gekrokte SA Vloot
Die eerste van drie nuwe kuspatrollievaartuie van die Suid-Afrikaanse Vloot is verlede week met trompetgeskal by die Victoria & Alfred-waterfront in Kaapstad te water gelaat, maar dis bloot 'n pleister – boonop die verkeerde een – op ’n bose sweer, skryf ERIKA GIBSON.
DOOD IN DIE WATER
Minder mense en basisse is ál uitkoms vir gekrokte SA Vloot
Die eerste van drie nuwe kuspatrollievaartuie van die Suid-Afrikaanse Vloot is verlede week met trompetgeskal by die Victoria & Alfred-waterfront in Kaapstad te water gelaat, maar dis bloot 'n pleister – boonop die verkeerde een – op ’n bose sweer, skryf ERIKA GIBSON.
Deel
PROJEK BIRO was al destyds met die multibiljoenrand-wapenskandaal in die vooruitsig gestel as deel van die Vloot se magsontwerp vir die toekoms. Dieselfde skandaal, wat steeds gemoedere opjaag, het destyds gemaak dat dié gedeelte van die Vloot se groter vernuwingsplan vir jare op die ys geplaas is.
Namate die snitte aan die verdedigingsbegroting jaar ná jaar sedertdien eers die vet, toe die senings en toe die been van die Weermag begin wegsny het, het Biro by tye heeltemal weggekwyn totdat dit eers in 2011 en toe in 2018 nuwe lewe gekry het.
Volgens ingeligtes in die Vloot was Biro veronderstel om teen 2010 geïmplementeer te word om die aanvalsvaartuie wat reeds in 1974 aangeskaf is, te vervang. Dié vaartuie het te duur geword om ekonomies in stand te hou. Die destydse gevare van seerowery aan die Somaliese en Mosambiekse kus het die behoefte aan kleiner en meer beweeglike patrollievaartuie na vore gedryf. Die groter (en duurder) fregatte kon nie in die vlakker water jag maak op seerowers, vis- en perlemoenstropers en dwelmsmokkelaars nie...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.
Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.
Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.
Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Verwante Artikels
Thandi vee skoon by die weermag
SANW oral behalwe in Mosambiek
SA wapenbedryf kan boet vir Jemen-twis
Weermag swyg oor opknap van militêre hospitale
Wapenskandaal: die wortels van staatskaping
Deel
Deel
Volgende artikelErika Gibson
JoernalisErika Gibson is 'n spesialis-skrywer oor militêre aangeleenthede.