NÁ ’n vrot kwartaal van Julie tot September wat die erge derde vlaag van Covid-19-infeksies en die ongekende onluste in Julie ingesluit het, was die algemene verwagting dat die BBP in die vierde kwartaal weer mooi sou herstel. Dit kan nog steeds gebeur, maar onlangse gebeure het die optimisme daaroor gedemp.
Maar eers die goeie nuus: Nuwe Covid-infeksies in Suid-Afrika is op die oomblik laer as die laagtepunte wat bereik is voor die tweede en die derde vlaag. Die sewe-dae-gemiddelde van nuwe daaglikse infeksies het vroeg in Julie by net minder as 20,000 gedraai. Die syfer staan nou op minder as 300, ’n enorme daling. Die lae infeksiesyfer beteken dat hospitalisering en die getal daaglikse sterftes aan Covid-19 ook skerp afgekom het.
Saam met die gepaardgaande verslapping van die Covid-inperkingsmaatreëls tot vlak 1 is die gevolg van die lae infeksiegetalle dat Suid-Afrikaners nou heelwat meer rondbeweeg. Ons sien dit in die mobiliteitsindekse van onder meer Google wat skerp opgetel het van die laagtepunt tydens die onluste in Julie. Die verhoogde mobiliteit na winkelsentrums en kruidenierswinkels is moontlik ’n aanwyser dat die tempo van privaat verbruiksbesteding besig is om te versnel...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.
Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.
Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.
Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.
BEURTKRAG EN STAKINGS BRING NOG PYN
Ná ergste van Covid wink afgrond steeds langs SA se klipperige herstelpad
Suid-Afrika moet dringend sy huis in orde kry sodat die foute van die verlede vermy kan word en die ekonomie vinniger kan groei, skryf HUGO PIENAAR.
Deel
NÁ ’n vrot kwartaal van Julie tot September wat die erge derde vlaag van Covid-19-infeksies en die ongekende onluste in Julie ingesluit het, was die algemene verwagting dat die BBP in die vierde kwartaal weer mooi sou herstel. Dit kan nog steeds gebeur, maar onlangse gebeure het die optimisme daaroor gedemp.
Maar eers die goeie nuus: Nuwe Covid-infeksies in Suid-Afrika is op die oomblik laer as die laagtepunte wat bereik is voor die tweede en die derde vlaag. Die sewe-dae-gemiddelde van nuwe daaglikse infeksies het vroeg in Julie by net minder as 20,000 gedraai. Die syfer staan nou op minder as 300, ’n enorme daling. Die lae infeksiesyfer beteken dat hospitalisering en die getal daaglikse sterftes aan Covid-19 ook skerp afgekom het.
Saam met die gepaardgaande verslapping van die Covid-inperkingsmaatreëls tot vlak 1 is die gevolg van die lae infeksiegetalle dat Suid-Afrikaners nou heelwat meer rondbeweeg. Ons sien dit in die mobiliteitsindekse van onder meer Google wat skerp opgetel het van die laagtepunt tydens die onluste in Julie. Die verhoogde mobiliteit na winkelsentrums en kruidenierswinkels is moontlik ’n aanwyser dat die tempo van privaat verbruiksbesteding besig is om te versnel...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.
Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.
Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.
Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Deel
Deel
Volgende artikelHugo Pienaar
EkonoomPienaar is hoofekonoom van die Buro vir Ekonomiese Ondersoek aan die Universiteit Stellenbosch. Die rubriek is sy eie mening.