KLIP IN DIE BOS | To Hell With Shell

DIE VERMETELHEID

KLIP IN DIE BOS | To Hell With Shell

Die Kaïnsmerk van 'n psigopaat is die spoor van verdriet en vernietiging wat hy of sy agterlaat. 'n Maatskappy is 'n regspersoon en kan ook as psigopaties gereken word wanneer dit daardie Kaïnsmerk dra. Dit is duidelik ingegraveer op die voorkop van Shell, wie se inhalige vloekspoor deur Afrika loop, voer DAN BADENHORST aan.

MET 'n kajak in die deinings van 'n vroegmôre-see op Stilbaai se bloupad binne 'n silwerstreep van die son is jy bewus van 'n onsigbare Atlantis bevolk deur Uys Krige se “kolstert, marsbanker, daeraad, stompneus en kabeljou”. En sy “rooi ou romeintjie. En daardie vietse fransmadam, sy met die groot swart oë, die ou kleintjie”. Dan dink jy aan Anneliese Burgess se ode aan die Wildekus en treur oor die onheil wat die gesamentlik Nederlandse en Engelse petroleummaatskappy, Shell, aan ons wêreld gaan bring. Jy voel aan dat ook van ons iets waardevols weggespoel word. Hoeveel dit is en watter band met die natuur verlore sal gaan, is nog onseker. Maar dit vervul mens met vrees en walging.     

Nieteenstaande die geweldige publieke teenreaksie (onder meer 'n petisie wat Maandag reeds 341,456 handtekeninge byeengebring het), bly Shell onversetlik. Maandag het hulle woordvoerder gesê: “We plan to go ahead with the survey, because we have met all our legal obligations.” Chip Snaddon se ikoniese spotprent van die Amazon Warrior met 'n omgekeerde Shell-logo wat destruktiewe seismiese skokke na die oseaan vol seediere onder die skip stuur, het soos 'n veldbrand op sosiale media versprei. Shell en die regering, wat kop in een mus is in die soektog na olie en gas, ignoreer en onderskat die gevoel oor aardverwarming en die skending van die natuur.

Kaïnsmerk..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.