Op reis met John Lennon

IMAGINE

Op reis met John Lennon

Die nuus van hierdie Beatle se dood sal OBIE OBERHOLZER altyd bybly. Want, erken hy, hy was nog altyd Beatle-bedonnerd. Veral Lennon-bedonnerd. Met sy laaste reise na Italië en Sri Lanka het hy dus vir Lennon saamgeneem, wat dit glo geweldig geniet het. Veral Rome.

OP die koue New Yorkse nag van 8 Desember 1980, om presies 10:50, het vyf skote naby die ingang van die Dakota-gebou in Manhattan uit Mark David Chapman se rewolwer ontplof. John Lennon is doodgeskiet.

Die nuus het krakend op die radio gebreek en toe vinnig op televisie versprei. Die foonoproepe het begin, eers in hulle duisende en toe in hulle miljoene. 

Van koerantverkopers tot televisiestasies het die skote geknal en weerklink, die dodelike impak op een van die wêreld se beroemdste musikale kunstenaars en liedjieskrywers soos die golwe van 'n tsunami wat oor die wêreld heen breek...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.