In 'n opgewarmde Morris Minor het die befaamde fotograaf OBIE OBERHOLZER sy siel opgehef na die ruheid van hierdie beroerde dog wonderlike land. Hy het sy bevoorregte, beskermde opvoeding in die verbyry uitgegooi na die kosmos en die kraaie wat op die telefoonpale gesit en gaap het.
SOMMIGE drome bly jou vir 'n ruk by. Ander vervaag mettertyd. Een het egter deur die jare soos 'n amperse surrealistiese werklikheid hardnekkig bly klou. Hierdie storie het meer as vier dekades terug begin met 'n droom in Pretoria en het voortgeleef in korrels silwer op fotografiese papier en later in elektroniese pieksels om 'n leeftyd van beelde te skep.
In daardie dae het die doodloopkant van Louis Trichardstraat in Mayville uitgekyk oor die groot groentelande van drie Portugese broers, skynbaar boere van formaat. Die uitsig het dit laat voel soos die rand van die stad; dit het 'n soort van plaasgevoel gehad. Aan die ander kant van die bewerkte lande het die riwwe van die Magaliesberge uitgerys en dan in die verte na die Hartbeespoortdam in die weste gedein.
'n Man het voor 'n huis stilgehou wat presies soos ander huise in die laer- en middelklas- wit woonbuurte van Suid-Afrika in die 1970's gelyk het. Daar was 'n metaalhek met krulle waarop 'n geduikte posbus met 'n handgeverfde nommer gesit het. 'n Sementpaadjie, plek-plek gekraak, het reguit gelei na die voordeur waarin twee panele geel glas was wat soos bierbottelbodems gelyk het. ..
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
VRYHEID OP DIE PAD
Op reis deur die Hotazel-jare
In 'n opgewarmde Morris Minor het die befaamde fotograaf OBIE OBERHOLZER sy siel opgehef na die ruheid van hierdie beroerde dog wonderlike land. Hy het sy bevoorregte, beskermde opvoeding in die verbyry uitgegooi na die kosmos en die kraaie wat op die telefoonpale gesit en gaap het.
Deel
SOMMIGE drome bly jou vir 'n ruk by. Ander vervaag mettertyd. Een het egter deur die jare soos 'n amperse surrealistiese werklikheid hardnekkig bly klou. Hierdie storie het meer as vier dekades terug begin met 'n droom in Pretoria en het voortgeleef in korrels silwer op fotografiese papier en later in elektroniese pieksels om 'n leeftyd van beelde te skep.
In daardie dae het die doodloopkant van Louis Trichardstraat in Mayville uitgekyk oor die groot groentelande van drie Portugese broers, skynbaar boere van formaat. Die uitsig het dit laat voel soos die rand van die stad; dit het 'n soort van plaasgevoel gehad. Aan die ander kant van die bewerkte lande het die riwwe van die Magaliesberge uitgerys en dan in die verte na die Hartbeespoortdam in die weste gedein.
'n Man het voor 'n huis stilgehou wat presies soos ander huise in die laer- en middelklas- wit woonbuurte van Suid-Afrika in die 1970's gelyk het. Daar was 'n metaalhek met krulle waarop 'n geduikte posbus met 'n handgeverfde nommer gesit het. 'n Sementpaadjie, plek-plek gekraak, het reguit gelei na die voordeur waarin twee panele geel glas was wat soos bierbottelbodems gelyk het. ..
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Deel
-
Deel
Obie Oberholzer
Fotograaf en skrywerObie Oberholzer volg sy eie droom al vanaf 1962; om uit te vind wat verby Fokkolfontein lê. Hy gebruik sy kamera soos 'n tandeborsel (dit doen wat gedoen moet word) en meen daar is bitter min foto's wat 'n duisend woorde werd is.