Jaco Visser is ’n vryskutjoernalis wat spesialiseer in finansiële joernalistiek en veral die beleggingsmark. Hy skryf veral oor aandele, effekte, effektetrusts, die ekonomie en private gesondheidsorg. Daarbenewens het hy ’n passie om oor plaaslike owerhede – die eerste linie van dienslewering – en die landbousektor te skryf.
BASIESE DINGE WORD NIE GEDOEN
Ons hoes biljoene vir metro’s en stede se ongerymdhede
Verliese, vrot werk, kontrakteurs wat dros. Van ons munisipaliteite is reeds in rommelstatus – en nou gaan hulle hul kontantbuffers waarskynlik moet tap, skryf JACO VISSER. En dít beteken hulle sal sukkel om toekomstige skokke te absorbeer.
Deel
NET meer as twee weke nadat die ouditeur-generaal van Suid-Afrika (OG) haar verdoemende verslag oor die stand van munisipale finansies en die nakoming van wette aan die einde van Junie gepubliseer het, het Moody’s Investors Service (die internasionale kredietgraderingsagentskap) ses plaaslike regerings en plaaslike regeringsentiteite afgradeer. Hulle was almal reeds redelik diep in rommelstatus.
Moody’s se negatiewe siening word daardeur bevestig dat al ses dié uitreikers van skuld op hersiening vir verdere afgradering is. “Die afgraderings weerspieël die toenemende likiditeitsdruk weens materiële tekorte in inkomste-invordering, wat Moody’s verwag sal voortduur, binne die konteks van baie swak groei,” lui die persverklaring wat saam met die afgraderings uitgereik is.
“Suid-Afrikaanse distrik- en plaaslike regerings sal waarskynlik hul kontantbuffers tap, met verskillende beginsaldo’s, en sodoende hul vermoë wegvreet om toekomstige skokke te absorbeer.”..
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Deel
-
Deel
Jaco Visser
JoernalisJaco Visser is ’n vryskutjoernalis wat spesialiseer in finansiële joernalistiek en veral die beleggingsmark. Hy skryf veral oor aandele, effekte, effektetrusts, die ekonomie en private gesondheidsorg. Daarbenewens het hy ’n passie om oor plaaslike owerhede – die eerste linie van dienslewering – en die landbousektor te skryf.