Oom, laat sak jou vieslike ogies!

‘NEE’ IS ALTYD ‘NEE’

Oom, laat sak jou vieslike ogies!

Die ander dag loop sy met haar hond in die straat en kom agter dat 'n kar stadig agter haar ry, met sy passasiersvenster oop, skryf LINDA VAN TILBURG oor die ongevraagde, opdringerige en by tye lewensgevaarlike aandag wat vroue kry.

EK wonder toe of hy vir rigting wil vra, maar hoor “nice” met so 'n lang stilte en dan “dog”. Ek weet nie of ek erg wantrouig is nie, maar ek meen hy het aanvanklik gedink ek is jonger. Van agter af lyk ek dalk soos 'n jonger vrou of meisie; ek is petite en blond, maar toe hy my van voor af sien, besef hy ek is héélwat ouer.

Ek is  nie soos Bridget Jones wat gewonder het of sy die kommentaar van mans begin mis het toe dit opdroog nie. Om die waarheid te sê, dit is seker een van die enigste voordele van ouer word, die ongevraagde aandag van orige mans wat vinnig afneem. In my jong dae was dit 'n konstante doring in my vlees; die kommentaar het gewissel van “Sjoe, jy is darem te mooi om so slim te wees” tot “Jy is te blond om ernstig opgeneem te word.” Asof haarkleur enigiets daarmee te doen het.

Die eerste ding waarop die ou SAUK aangedring het toe ek in televisienuus begin werk het, was dat ek my hare korter moet sny. Want “voor ek hierdie (lastige) vraag van jou gaan antwoord”, of in die geval van politici gaan ontduik, “kan ek begin om te sê hoe oulik jy vandag lyk”...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.