VANESSA sit en kyk na dokumente op die kombuistafel terwyl sy hoor hoe die munisipaliteit se vullisverwyderaar hulle huishouding se afval laai. Sy is omgekrap, want Eskom het die krag vroeër as beplan afgesny. Op haar slimfoon lees sy oor onderhandelinge in Glasgow en vooruitsigte vir klimaatsverandering. Die mens as spesie kan in die dekades wat voorlê glo dalk van die aardbol verdwyn.
Asof mens nie reeds genoeg spanning het nie. Bestuurder of nie, sy het by die werk afgevat, want vanmiddag moet sy haar seun vir ’n gesprek met ’n loopbaanvoorligter neem. Hy matrikuleer en moet uitsluitsel kry oor wat hy wil gaan studeer.
Dis tydig dat Vanessa kennis neem van die dringendheid van klimaatsverandering. Met die ondersoek van yslae in Antarktika bepaal wetenskaplikes hoe die gemiddelde oppervlaktemperatuur van ons planeet oor duisende jare verander het. Hulle lees dit van lae van sneeu wat jare gelede geval en lugblasies met ’n sekere chemiese samestelling vasgevang het. Die probleem kom sedert mense tydens die nywerheidsrevolusie begin het om fossiel-energiebronne soos steenkool en olie op groot skaal te verbrand. Die gevolglike toename van besoedelende gasse in die lug het ’n versteuring van die ekologiese balans meegebring...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.
Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.
Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.
Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Om kommentaar te lewer op hierdie artikel, registreer (dis vinnig en gratis) of meld aan.
Lees eers Vrye Weekblad se Kommentaarbeleid voor jy kommentaar lewer.