Naakstudies in eukaliptus

DOER ONDER

Naakstudies in eukaliptus

In sy reise deur die Australiese hinterland het OBIE OBERHOLZER 'n reeks oor bloekombome saamgestel – en die foto's op hulle koppe gedraai.

DIT het alles begin in 'n ry by 'n bottelstoor op die grens tussen Noorweë en Swede. Ek is deur die Noorweegse vereniging van professionele fotograwe genooi om 'n seminaar in die suide van Noorweë aan te bied. Tydens 'n onderbreking in die verrigtinge het ek myself in 'n ry mense by die nabygeleë grensoorgang bevind, waar hulle gewag het om hul drinkgoed in Swede te gaan koop. Dit is  aansienlik goedkoper daar en die Noorweërs staan tou in strepe.

Voor my was 'n Aussie. Ons het oor gombome en vroue gepraat eerder as oor krieket. In my kinderjare op die plaas was ek verslaaf aan Vicks Vaporub, waarvan die belangrikste bestanddeel bloekomolie was. Ek sou in die Afrika-bos loop en die klein botteltjie snuif. Ek is om die waarheid te sê nou nog vas oortuig daarvan dat die walms petroleumjellie, tiemiekanfer en eukaliptusolie my van roofdiere beskerm het. Miskien nou nie leeus nie, maar daar was van tyd tot tyd 'n luiperd of hiëna in die omtrek.

My ma wou my na 'n sielkundige gevat het, maar gelukkig was die naaste een te ver vir ons Vauxhall Velox op die sinkplaatgrondpad. My pa het vir my ma gesê om my te laat begaan – solank ek net nie die petrol in die Vauxhall se petroltenk begin snuif het nie...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.