Jou tweede lewe begin wanneer jy besef jy het net een

LEEF IN DIE OOMBLIK

Jou tweede lewe begin wanneer jy besef jy het net een

Sy was skaars ’n tiener toe haar ma eendag in trane gepleit het: ‘Jou beskermengel is al uitgemergel!’ GERDA TALJAARD se sogenaamde flirtasies met die dood het egter al voor haar geboorte begin. Het die talle naelskraapse ontkomings van toe tot nou haar lewe verander? Miskien. Dit het haar wel laat besef dat ons nie vir eendag moet wag nie, maar die nóú moet aangryp.

’N ADRENALIENSLAAF is ek beslis nie. Ek het nog nooit van ’n brug of uit ’n vliegtuig gespring om my dopamienvlakke te verhoog nie. Nog nooit deur stroomversnellings geroei om ’n endorfienvrystelling te aktiveer nie. Ook nie om ’n renbaan “for the hell of it" gejaag nie. Tog het ek al verskeie kere in my (onwaaghalsige) 50 jaar op aarde op die randjie van die dood gehuiwer.

In haar boek I am, I am, I am (https://www.audible.com/pd/I-Am-I-Am-I-Am-Audiobook/B078KGWBXM)beskryf die Ierse skrywer Maggie O’Farrell 17 voorvalle waartydens sy elke keer naelskraaps by die dood omdraai. “Brushes with death” noem sy dit, asof die dood ’n tere minnaar met ’n sagte aanslag is. Allesbehalwe. Daar is ’n keer wanneer haar pad (letterlik) kruis met dié van ’n reeksmoordenaar; wanneer sy amper in die see verdrink; wanneer sy byna doodbloei as gevolg van mediese personeel se nalatigheid; wanneer ’n rasende dwelmslaaf ’n kapmes teen haar keel druk; en wanneer sy haar in ’n vliegtuig bevind wat weens ’n foutiewe enjin begin val en val en val ...

Hierdie ervaringe verander jou lewe, sê O’Farrell. Jy kan probeer om dit af te skud, om dit te onderdruk, maar dit infiltreer jou wese en word deel van wie jy is, soos ’n tandimplantaat of ’n skroefie wat ’n gebreekte femur heg – iets waarvan jy skielik op ’n koue dag bewus raak...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.