’n MENS kan natuurlik nie fisies jou voorouers opnuut kies soos Max du Preez sou wou wens nie, maar sy idee om dit vir jouself in privaatheid te doen, het meriete. Dit is erg genoeg dat voorsate se sondes van talle geslagte terug jou lewenslank materieel op ’n sosiale vlak bly teister.
Maar niks keer ’n mens om jouself geestelik van hulle bose gedoentes te onterf in ’n tipe kanselleerkultuur in trurat nie. Bevry van ouers, oumas, oupas en grootjies se uitgediende sieninge hoef jy ten minste nie meer jou kop daaroor te breek nie. Met die goeie dinge wat hulle gedoen het, kan jy jouself egter vereenselwig. Jou nageslag gaan hopelik dieselfde met jou doen.
Die verskeie redes waarom familiebande, en by ekstensie geloof, so ’n sterk rol in die meeste kulture speel, ontneem mens nie van die vryheid om eie beginsels te kies nie. Sou jy een van die drie Abrahamitiese gelowe bely en benewens jou aardse pa, ook ’n geestelike pa het om mee rekening te hou, is die verdere vraag waarom jy verplig is om dinge wat aan sy gewaande onverdraagsaamheid toegeskryf word, goed te moet vind as jy nie daarmee saamstem nie...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.
Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.
Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.
Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Om kommentaar te lewer op hierdie artikel, registreer (dis vinnig en gratis) of meld aan.
Lees eers Vrye Weekblad se Kommentaarbeleid voor jy kommentaar lewer.